FamilyLife Huweliksberading-Vraelys

Voltooi asseblief die aanlyn Huweliksberading-vraelys of laai af, voltooi en stuur per epos aan info@familylife.org.za.

Hierdie lys is spesifiek ontwerp vir paartjies om hulle te help in hulle huweliksverhouding of as deel van ‘n beradingsessie of alleen. Dit is belangrik om elkeen van die afdelings en vrae so noukeurig en volledig moontlik te beantwoord. Deur die vrae op skrif te stel sal die volgende bereik word:

1. Jy sal ‘n beter oorsig hê van die sterkpunte van jou huweliksverhouding. Probleme en bekommernisse sal geïdentifiseer en uitgelig word. Jy sal ‘n beter prentjie hê van waar jy is en waarna toe jy wil beweeg in jou huwelik. Jou huwelikstoekoms sal kan verander.

2. As dit gebruik word in berading sal dit jou predikant of berader help om effektiewe berading te doen. Heelwat beradingstyd sal bespaar word by die voltooiing van hierdie vraelys.

3. Baie mense vind dit makliker om hulle gedagtes en gevoelens neer te skryf en dan dit met of hulle maat of met ‘n berader te bespreek.

4. Probleme en doelwitte wat gewoonlik weke neem om te adresseer sal baie vinniger aandag geniet.

Laat asseblief ten minste een tot twee ure toe om hierdie vraelys te beantwoord, deur die vrae te beantwoord oor hoe jy die afgelope paar weke gevoel het. Moenie jou antwoorde met enigiemand deel of dit bespreek nie.

As jy en jou maat hierdie vraelys doen sonder ‘n berader, doen dan slegs ‘n paar dele op ‘n slag, miskien ‘n afdeling op ‘n slag. As dit gebruik word in berading, voltooi en stuur dit terug aan jou predikant of berader voor julle afspraak indien moontlik. Indien nie, maak seker jy neem dit saam met jou. Op ‘n stadium in jou berading sessies sal dit van hulp wees om dele van die vorm met jou maat te bespreek. As dele hiervan bespreek word met jou maat sal dit in die teenwoordigheid van julle berader wees en met jou toestemming.

Dankie vir jou samewerking.